0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (3)
  • R250 - R500 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 4 of 4 matches in All Departments

Uit Die Donker (Afrikaans, Paperback): Santie van der Merwe Uit Die Donker (Afrikaans, Paperback)
Santie van der Merwe
R280 R241 Discovery Miles 2 410 Save R39 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die ding lyk geheel en al anders noudat dit in die ope is, noudat dit in die lig is.

Ian Strydom het twee gesinne: Madelein en driejarige Liam vir wie hy soveel tyd moontlik steel, en Henriette en sy ouer kinders wat hom al minder nodig het. Henriette vermoed haar man het 'n verhouding, maar wil dit nie aan haarself erken dat haar prentjiegesin aan die verbrokkel is nie. Haar geluk draai om dié lewe wat sy deur soveel jare opgebou het, en waarvoor sy so baie prysgegee het. Madelein, aan die ander kant, is bewus van Ian se vrou en kinders. Haar verhouding met Ian was aanvanklik slegs platonies, maar nou besef sy dat sy te vas aan hom gegroei het. En klein Liam begin vrae vra oor sy pappa wat bykans nooit by die huis slaap nie. Veel langer sal sy nie 'n leuen kan lewe nie.

Wanneer een van Ian se ouer kinders hom toevallig saam met sy tweede gesin sien, kan Ian nie langer die onafwendbare besluit wat hy moet neem uitstel nie. 'n Besluit wat nie net 'n omwenteling in sy eie lewe gaan bring nie, maar ook in die lewens van al die mense wat hy liefhet.

'n Goeie Jaar Vir Rose (Afrikaans, Paperback): Santie van der Merwe 'n Goeie Jaar Vir Rose (Afrikaans, Paperback)
Santie van der Merwe
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Hoe oorleef 'n mens tragedie ná tragedie?

Neil Viljee vlug Australië toe ná ʼn tragedie, maar hy kom terug toe sy ma hom laat weet sy pa is terminaal siek: om afskeid te neem en sy ouers by te staan. Dis egter nie sy ma wat hom inwag nie. Hy tref sy pa, ʼn familievriendin en sy niggie se ontwrigte tienerdogter aan, want sy ma is onverwags dood aan ʼn hartaanval.

Neil besef dat hy in Australië net sy vroeëre rouproses uitgestel het, en die verlies aan sy ma dwing hom om die verwoestende gebeurtenis wat hom landuit laat vlug het in oënskou te neem. Karel probeer Neil help midde-in sy eie droefheid en fisieke agteruitgang. Millie skep orde terwyl sy ʼn besluit probeer neem oor haar huwelik wat in gevaar is. Charlie weet dat sy nie terug kan gaan na haar bedenklike huislike omstandighede nie, en sy probeer haar agterstallige skoolwerk inhaal en ʼn toekoms op haar eie karteer.

Elkeen verwerk die geliefde Lea se dood op ʼn eiesoortige manier. Innerlike konflik word na die oppervlak gedwing en geheime en waarhede word ontbloot. Hulle vorm ʼn unieke gesin, wat mekaar dwing tot selfondersoek, maar wat mekaar veral ondersteun en bystaan, en elkeen vind ʼn mate van vrede.

Hierdie is veral 'n storie oor die genesing van ou emosionele wonde. Die manlike hoofkarakters dryf die roman en gee insig in die manlike psige, terwyl die altyd teenwoordige kat in die skrywer se romans (byna soos in die Frans-Joodse kunstenaar Marc Chagall s'n) al sinoniem is met haar werk en al haar handelsmerk geword het.

'n Goeie jaar vir rose is Santie van der Merwe se sewende roman. Die laaste drie boeke wat dit voorafgegaan het, is: Ver in die wêreld Kittie, Die einde van die storie en Al wat oorbly.

Al Wat Oorbly (Afrikaans, Paperback): Santie van der Merwe Al Wat Oorbly (Afrikaans, Paperback)
Santie van der Merwe
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Is dit moontlik om geluk te vind in ’n huwelik wat twee stiefkinders insluit?

Julia Meiring het haar ma verloor toe sy ses jaar oud was. Haar pa is dadelik weer getroud, en sy is deur 'n ongenaakbare stiefma grootgemaak wat byna die teenoorgestelde was van haar liefdevolle ma wat feitlik al haar aandag aan haar laatlammetjie gewy het.

Julia vind die liefde van haar lewe in haar buurman, Wynand du Toit. Hy is 'n geskeide man, en die pa van twee kinders maar Julia laat haar deur die verhouding meesleur want Wynand se kinders woon in die Kaap by hul ma, en sy kan hulle heeltemal vermy.

Omstandighede dwing Wynand se eks en haar gesin terug Gauteng toe, en Julia verbreek summier hulle verhouding. Sy sien nie kans om ʼn ma te wees nie, en nog minder ʼn stiefma.

Haar drakoniese stiefma sterf, en Julia besef weer eens hoe min sy van haar eie ma weet. Sy probeer ʼn beeld van haar ma saamflans uit die herinneringe wat haar veel ouer sibbe half onwillig met haar deel. Stadig maar seker besef sy dat haar ma nie ʼn engel was nie, dat haar stiefma nie inherent boos was nie, en dat die liefde tussen haar en Wynand nie te ruste gelê kan word nie.

Die Einde van die Storie (Afrikaans, Paperback): Santie van der Merwe Die Einde van die Storie (Afrikaans, Paperback)
Santie van der Merwe
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Lizzie de Villiers dink sy het haar man, Marthinus nie meer lief nie. Sy neem haar lewe en hulle huwelik van 28 jaar in oenskou. Wanneer het hulle uitmekaar begin dryf? Sal sy hulle ou liefde weer kan laat ontvlam? As sy nie kan nie, moet sy in hulle liefdelose, maar gemaklike huwelik bly, of moet sy maar haar eie paadjie stap? Marthinus stem nie met Lizzie saam nie. Volgens hom is daar niks verkeerd nie, en hy wil gewis he Lizzie moet bly, lief vir hom of nie. Die konflik tussen Lizzie en Marthinus veroorsaak konflik tussen Lizzie en hulle dogter Estelle, wat op die ouderdom van vier en twintig skielik soos n tiener optree. Beide Lizzie en Marthinus voel daar is fout, maar sy bly afsydig en byna vyandig, veral teenoor Lizzie. Lizzie se vertwyfeling bring haar egter nader aan die ander vroue in haar lewe. Hulle word groter bondgenote, elkeen met n unieke perspektief. n Geleentheid om afstand te kry tussen Lizzie en Marthinus duik op, en Lizzie gryp dit met albei hande. Sy bevraagteken gou haar oenskynlik onafhanklikheid, en Marthinus word gedwing om hand in eie boesem te steek. Sal hierdie huwelik die toets deurstaan?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Deadpool 2 - Super Duper Cut
Ryan Reynolds Blu-ray disc R54 Discovery Miles 540
Dig & Discover: Ancient Egypt - Excavate…
Hinkler Pty Ltd Kit R263 Discovery Miles 2 630
Harry Potter: Complete 8-Film Collection
Daniel Radcliffe, Emma Watson, … DVD R496 Discovery Miles 4 960
Baby Dove Soap Bar Rich Moisture 75g
R20 Discovery Miles 200
Sudocrem Skin & Baby Care Barrier Cream…
R117 Discovery Miles 1 170
Treeline A4 PP Filing Pockets (80…
R140 Discovery Miles 1 400
ZA Choker Necklace
R570 R399 Discovery Miles 3 990
Gunn & Moore Cotton Padded Inners
R235 R214 Discovery Miles 2 140
Unicorn Core 75 Flights (Blue & White…
R29 R26 Discovery Miles 260
Britney Spears Fantasy Eau De Parfum…
R517 Discovery Miles 5 170

 

Partners